Wednesday, 3 June 2015

Maar kan hy Crysis run?




Rekenaartegnologie snel teen 'n duiseligwekkende tempo vooruit. Koop vandag 'n rekenaar en hy is gister verouderd. Die woord Pentium word nie meer in beskaafde gesprekke gebruik nie. Diegene wat ná 2000 gebore is, weet oor die algemeen geweldig baie van net mooi sweet blou boggerol - wat nog te sê van 'n Pentium?? Ek onthou my eerste ontmoeting met 'n blikbrein: my oom het 'n Commodore 64 gehad. Daarna was daar onderonsies met ZX Spectrums, Atari 2600 game consoles, die 286, 386 en 486, Turbo Modes (wat die gebruiker eintlik 'n rat voor die oë gedraai het aangesien dit die stelsel actually stadiger gemaak het - dit het met gaming compatibility en goeters te doen gehad) en eventually die 586 aka Pentiums. Penta = vyf - vandaar die naam. Ek het games op floppy's, stiffies, tapes en CD's gejol. My Britse kollegas wou hulle morsdood lag toe ek die eerste keer die woord stiffy gebruik het. Die rede is natuurlik voor die hand liggend, maar ten minste het ek 'n woord gehad wat kon onderskei tussen 'n stiffy en sy pap voorganger. Amper soos Zuma en Mbeki.

Ek kan al die games wat ek ooit gespeel het onthou, maar hierdie post gaan nie daaroor nie. Dus net kortliks 'n uittreksel. Berzerk was 'n groot favourite met goor grafieka: jy het in 'n doolhof loop en koes vir strepe wat veronderstel was om laserstrale te wees. Die enemies was blokkies met strepe vir bene en arms en jy was 'n langer streep wat arms gehad het maar nie altyd bene nie. Ons het die Atari joystick geruk en gepluk soos 'n hiperaktiewe leerlingbestuurder 'n lorrie se gear lever. Die game het jou voorts heel rasend gemaak, want dit was verdomp moeilik. Nou nie so erg soos Contra nie - daai blêssit neef van Lucifer het ek op 'n brandstapel gestraf. Die gewraakte E.T. speletjie is my genadiglik gespaar, want my voet sou waarskynlik steeds in die TV-screen vasgesit het. 

Daarna het juwele soos Monkey Island en Space Quest my pad gekruis. Geen sarkasme nie - dit was die coolste games ooit. Ek is steeds 'n huge fan van Monkey Island en ek het al die Space Quests behalwe die fan-made titels gespeel. Teen die tyd dat ons Monkey Island gespeel het, het my pa 'n 486 besit. Met 'n 80MB HDD. Ma se harre. Gorillas was 'n game wat binne DOS 5.0 ge-embed was. Twee gorillas het mekaar met exploding piesangs gegooi. Ek en my oorle vader het dit gereeld teen mekaar gespeel.

Test Drive het gekom. Ek onthou nog goed: Your tyres must be smoking! Did you pass any low-flying planes? You drive like my grandmother. Ek het gedink laasgenoemde was 'n yslike kompliment, want my ouma het fokkol vir 'n petrolpedaal gevoel. Fokkol vir petrol ook. Die cops soek haar nou nog vir die kak wat sy in Bellville aangejaag het. Prince of Persia was die eerste game wat ek op Windows gejol het - Win 3.11. Ek het tot 'n volledige manual met al die moontlike key-combinations vir movement opgestel. In swart en wit het dit nogals geneuk, want jy kon nie die giftige potions van die res onderskei nie. Menige male het my prins met 'n geroggel die gees gegee. Die klank is deur die PC se speaker gegenerate. Hoeit, hoeit, hoeit, bzzzzzzzzz, piep,piep,piep, trrrrrrrrr. Gha gha gha. En jys vrek. Ghoing Ghoing beeeeeeep zzzzzoooooeeeiiiiii - jy ontdek na twee jaar se ge-hare-in-klein-klossies-uit-jou-kop-ruk nog 'n clue in Monkey Island.

Met tyd het die tegnologie natuurlik verbeter en het speletjies meer realisties geraak. FPS het die mark omtrént op sy kop gekeer. Daar was en is natuurlik talle en talle titels. Wie sal ooit Duke Nukem 3D vergeet? Of Quake? Doom? Heretic? Half-life? System Shock? Wolfenstein? Die lys is lank. Stuk-stuk het die grafieka ook verbeter. Wat my bring by die nuutste toevoeging tot my speletjie-vault: Crysis 3. 'n Geruime tyd reeds word Crysis as 'n benchmark vir PC gaming ability gebruik. So ek hoor jy het 'n nuwe PC, Frik. Ja Faan, die ding is dodelik. Dis mooi, Frik. Maar kan hy Crysis run?



So what gives? Wat is so insane omtrent Crysis 3? Wel, stel dit so: jou antie se 386 wat in die solder onder 'n klomp krimisversierings vergete geraak het, sal nou nie heeltemal die mas opkom nie. C3 se characters is nie die mees gedetaileerde wat ek al gesien het nie, maar daar moet na die hele pakket gekyk word. Die textures is byvoorbeeld fantasties en water-effekte is baie goed gedoen. Die lig-effekte in kontras met skadu-effekte is frieken fab. Verder is die scenes baie besig. As die aksie losbars, moet jy hoop jou FPS is vinnig genoeg. Anders word jy ruk-ruk me-oertoe geblaas en sien jy slegs 'n vae buitelyn van die emmer wat jou hol so vol lood pomp. Die music en dialogue is voorts briljant en die voice-acting is uiteraad deur regte akteurs record. Nee, nie op 'n tape nie, jou paw-paw.

Hierdie relaas fokus nie op C3 as speletjie nie - dit fokus op die tegniese aspekte van die stelsel wat jy nodig het om die speletjie met aanvaarbare visuals te speel. Die game het sy flaws en daar is bugs, veral tydens die gedeelte wat onder die dome in NY afspeel. Dalk meer daaroor in 'n volgende post. Elk geval, vir die wat oningelig is: C3 is nie 'n puppy nie. Dis 'n perd. Met spoed en spiere asook 'n dreigende houding teenoor jou hardeware. Relax, Hansie. Lees verder.

Miskien moet ek myself gou onderbreek en iets uitklaar. Ek is nie 'n know-it-all as dit by PC's kom nie. Daarom doen ek breedvoerig navorsing oor sagteware, hardware en system requirements. Servers, switches, routers, NIC's, skerms, CPU's, GPU's, motherboards ens. word opgeweeg en vergelyk.  Soos Jo Ellis oor sy sound equipment is, so is ek oor my hard- en software. Maya (nee, nie Jo se dogtertjie nie - is jy seker jou ma was 'n mens??) is byvoorbeeld 'n menéér en jou antie se 386 sal uiters ernstige brandwonde opdoen sou jy die app binne 'n radius van 10km naby die CPU bring. Selfs Photoshop CS6 Extended, albeit effe verouderd, laat nie met hom mors nie. Die punt is: jy kan nie net enige drek by Incredible aanskaf en verwag dat jy nou in staat is om elke game en app te run nie. Party newbies wend hulle tot forums om raad te kry. Niks fout daarmee nie. Moet net nie verwag om kop of gat van techies se raad uit te maak nie. Meeste van hulle is op 'n ander level wat kennis en veral jargon betref en jy gaan net meer deurmekaar raak. Ek het ook al baie gesien hoe die gaming community op newbies braak as hulle met hul system specs brag: mooi man, maar kan hy Crysis run? Dan loop koop die arme etter 'n graphics card van R50 000. Die reaksie van die gaming community: is jy gerook?? So either way is jy geskroef.

Wat ek egter agtergekom het, is dat jy NIE 'n verskrikking van 'n stelsel wat jou drie dekades in die skuld dompel en die bank noop om jou huis onder jou gat uit te verkoop, nodig het om 'n game so ongenadiglik op processing power soos C3 te run nie. Ek het tot teen 4K gespeel. Ja bra, 3840 X 2160. Ek erken egter dat C3 @ 4K nie op my system gewens is nie. Die FPS is te laag. Wat jy moet onthou, is dat 4K 8miljoen+ pixels beteken. Nou kyk hie' bradda: om 8 000 000 blokkies 60 keer per sekonde op jou screen te redraw, is skrikwekkend. Ek probeer nou dink aan 'n manier om dit te beskryf, maar my vrou het my pas 'n klein geel pilletjie ingejaa' en sy verwag dat ek moet slaap. So kom ons sê maar ek is foggy. Nie foggy lus om iets uit te dink nie. Elk geval, you need some SERIOUS goeters to do that without your CPU ênt GPU ontploffing. Die Gigabyte R9 295X2 kom al so tipe van naby aan min of meer wat jy wil hê, maar die ding kos R25000. Een van die redes is omdat daar twee GPU's in is. GeForce se Titan X-reeks is  is nóg duurder. Of die Gigabyte GV-TitanZ - R38000. Sit twee of drie van hulle in jou system en jy is 'n bank rot. Dis net die hardste van hardgebakte gamers, brag-gatte en bankrowers wat die blêrrie goed kan bekostig. Baie ouens gaan eerder vir iets soos 'n GeForce GTX 980 4GB GDDR5SC 256B. Dit is morsige kaarte daardie, maar ja - jy gaan so 9400 skille moet hoes. Ja, dit is 'n  paar kiste Amadodda, maar sal 'n taamlike tyd relevant bly. En toe was daar 8K. En begin die drama van vooraf. Tot die developers natuurlik regte mense verklein en hulle vir die tyd wat jy speel, na die binnekant van jou screen teleport. Wel, dan het jy nie meer die kaart nodig nie - jy kyk dan TV.

Okay, so wat is my system specs? Onthou nou dat ek apps soos Maya run. Soms is Maya, Photoshop, Fireworks, Dreamweaver en nog 'n paar goeters boonop gelyk oop. So obviously run ek 'n oraait setup. Maar dit is beswaarlik 'n maantuig. Check bietjie die belangrikes:

Intel Core i5-3470 @ 3.20GHz
5200 RPM Seagate 1TB HDD
16GB
DDR3 1600MHz U-DIMM RAM
28" Samsung UHD 4K Monitor (2X HDMI, 1X DP 1.2)
AMD Radeon R7 250X GDDR5 2GB Graphics Card met DirectX 11.2, DisplayPort 1.2, HDMI en DVI. 
Windows 7 Professional
My bril

(Op 'n stadium wil ek die saak met 'n Xeon CPU run - die benchmark comparison sal interesting wees.)

Die CPU lyk op die oog af na 'n monster, maar CPUBenchmark stem nie saam nie. Ek ook nie. Kyk bietjie na die screenshot:

Kyk net waar lê hy! Shamepies! Arme ou dingetjie! Obviously gaan hy minder score as 'n i7-4790K - 'n i7 is per slot van sake, wel, 'n iSEVEN. Maar dude, dis steeds fine. Dis die hele punt. Ek kan vir ure aaneen bla-bla oor CPU's en cores en hyperthreading en jy het die nodig maar nie daai nie en what not, maar jy sal nie die Dakar met 'n 1100 Uno kan aandurf nie. Jy hét woema nodig, net nie noodwendig 'n jet-engine nie.

My Virtual Memory (VM) is op 24501MB gestel, die maksimum wat my stelsel toelaat. Soos jy kan sien, is daar baie RAM. Ek run 4X 4GB unbuffered (U-DIMM) RAM modules. Dit is vinniger as registered RAM. Ek weet nie regtig of die spul VM enigsins 'n verskil aan my system se overall performance maak nie, nie met al die RAM nie, maar there you go. Ek is nie happy met Windows 7 se handling van 4K nie, maar sy asook sy voorgangers se upscaling was nog altyd plein vrot. Blykbaar hanteer Win 8 dit beter, maar ek het dit nog nie getoets nie. My monitor hanteer upscaling redelik goed. Wel, goed genoeg vir my.

Ek kan jou belowe: dit is nie NAASTENBY die kragtigste PC beskikbaar nie. Wat die graphics card betref... hehehe. Nee, wat. Party ouens se anusse sal tot in hul keelgate optrek at the mere mension of an R7. Nee Boetie, 'n R1 is om terries mee te pot. Gaan terug bos toe. Hey, watch it, China! You're making a mistake, ou! Elk geval, die CPU is nie ge-overclock nie - daar hou ek myself uit. Netnou jaag ek aan en ontplof iets wat nie moet ontplof nie. Soos my vrou as sy die rekening sien.

Ek het die game aanvanklik sonder enige GPU (GPU = Graphics Processing Unit; CPU = Central Processing Unit) overclocking gerun. Daar was geen issues nie. Die stock settings is Core Clock = 1000Mhz, Memory Clock = 1125 Mhz en Fan Speed = 21%. Dit is nou REGTIG niks om 'n loflied oor te komponeer nie, maar die GDDR5 maak nogals 'n verskil.

Op 'n kol toe besluit ek stuff dit - kom ons kyk of 'n bietjie overclocking 'n verskil maak. By the way, ek kan nie die kaart geweldig boost nie so die veranderinge is minor. Met behulp van MSI Afterburner het ek die volgende veranderinge aangebring: Core Clock = 1200Mhz, Memory Clock = 1200Mhz en Fan Speed = 51%. Wat ek ervaar het, was vreemd: my stelsel het klokslag gevries. Dit is natuurlik meer as moontlik dat ek ander settings ook moet tweak, maar ek is nie 'n expert nie. Al manier hoe ek die ou kon defrost, was met 'n cold boot. En ek hou nie van cold boots nie. Nee Paris, ek praat nie van Gucci nie. Ek is altyd worried dat dit die HDD se platter(s) en heads kan beskadig. Ek run (nog) nie SSD nie so tot tyd en wyl dit standaard word, sal ek onder alle omstandighede 'n warm boot prefer. Nee Paula, ek praat steeds nie van Gucci nie.  Ek het dus die settings na die originals terug verander - alles terug na normaal.



Hoe dit ookal sy, dit is my system. We are not done yet. Ek moes aan die graphic options binne die game self tweak om optimum performance te verseker. Net gou nog iets oor 4K.

FRAPS meet die FPS @ ±18 as ek teen 4K speel. Die motion is rukkerig en daar is heelwat tearing wanneer in-game videos speel. Tearing gebeur wanneer twee of meer raampies tegelyk in dieselfde screen draw verskyn. 'n Geut sal byvoorbeeld lyk soos twee geute, een effens langs die ander. Maar dit is steeds slegs een geut. Verstaan? Nie? Toemaar. Tearing lyk tos en jy wil dit nie hê nie. Verder  raak gameplay moeilik wanneer daar baie elemente gelyk op die skerm is, bv. ontploffings, ammunisie, vinnige bewegings van enemies ens. Jy wil dan ten alle koste 'n smooth experience hê en skiet die kaart se GPU beslis te kort. Ek weet sowaar nie wanneer 4K gaming @ 60FPS 'n realiteit gaan word nie, maar dit sal kom.

Op die ou end het ek op twee resolusies besluit: 2560 X 1440 en 1920 X 1200. Die verskillende settings vir die verskillende resolusies is as volg.

1. 2560 X 1440 

C3 offer 'n setting wat, op grond van die keuse wat jy maak, default settings aan die advanced graphics settings toeken.  Om hierdie setting korrek te kies, moet jy weet wat jou rekenaar se spesifikasies is. Jy moet dus weet wat is die CPU-spoed, hoeveel RAM daar is, die GPU se specs ens. As jy 'n Dual Core of laer run, sal jy Low moet kies. Vir hierdie resolusie het ek Medium gekies. Ek het alle settings wat C3 toegeken het, behou behalwe vir die onderstaande.

Antialiasing (AA) = SMAA Low (1X). AA het te doen met die smoothness van images - ek werk baie daarmee as ek graphic design doen. Daar is 'n paar opsies vir AA in C3, maar ek verkies SMAA omdat dit die edges smooth sonder om 'n blurred effek te hê. FXAA is ook 'n opsie, maar dit kan bluriness tot gevolg hê.

Anisotropic Filtering = 4X. Nou kom ek wees eerlik: AF is 'n ingewikkelde konsep en ek gaan nie nou into te veel detail ingaan nie. Wat ek wel kan sê, is dat AF imo crucial is vir 'n aangename 3D-gaming experience. 3D-games bevat textures wat in die distance gerender word. Die issue wat ontstaan is dat wanneer sulke textures gerender word, hulle blurry en vaag voorkom. Dit gebeur omdat dat daar nie genoeg van die oorspronklike texture sample is om die beeld in die verte in detail te render nie. Hoe hoër jy jou AF-setting stel, hoe beter en met meer detail word hierdie textures gerender - AF verhoog die occurrence van die oorspronklike sample. 

Ek disable die Motion Blur Amount. Enige vorm van bluriness, tensy dit deel van 'n certain sequence of injury uitmaak, irriteer die wit waks uit my uit. Ek HAAT blurriness as die character beweeg en daarom disable ek dit.

VSync is ook afgeskakel. VSync het met jou screen se refresh rate en die frame rate van die game te doen. My screen se refresh rate is 60Hz - DP laat my nie tans toe om 4K teen 'n hoër refresh rate te run nie. Dit is ook nie nodig nie, nie vir my gewone werk nie. Wanneer die frame rate van die game hoër is as die refresh rate, begin tearing voorkom.  Tearing kom nie tydens normal gameplay voor nie, maar wel tydens in-game videos. Wanneer dit tydens gewone spel voorkom, selfs op lae settings, moet jy 'n plan met jou system maak.

2. 1920 X 1200

Die settings is as volg: Antialiasing = SMAA High (4X), Anisotropic Filtering = 8X, System Specs = High, Texture Rendering = Medium. Verder is die settings dieselfde as vir 2560 X 1440. Soos jy kan sien, is die AA en AF settings héélwat hoër. Ek het na die eerste mission, m.a.w. die een waar jy op die skip is, op 1920 X 1200 gesettle. Daar is steeds 'n klein bietjie tearing tydens in-game videos, maar dit is nie steurend nie. Hier is egter die ding wat vreemd is: FRAPS clock die FPS @ ± 25. WTF? Dit al?? Jip. Mens sou dink dit is unplayable. Maar dit is nie, snaaks soos dit mag klink. Ek gaan op 'n stadium die AA disable en die AF verminder - dit sal die FPS verhoog. Verder het my skerm 'n sogenaamde Gaming Mode. Niks om oor floutes te kry nie - dit is basically maar 'n setting wat die gamma, brightness en contrast verander sodat meer klem op die ligter asook donkerder deel van die sigbare spektrum geplaas word. Ek kan egter noem dat daar nogals 'n verskil is: die visuals lyk lewendiger as Gaming Mode aangeskakel is.

Gevolgtrekking

Overall enjoy ek die experience immensely - die visuals is excellent en die movement smooth. Die vyand val (lees: vrek, peg, sterf, sneuwel) teen hoë definisie en bloed spat beautifully.

So: jy het nie 'n trust fund vir die beste GPU nodig nie. Myne het R1500 gekos en ek het dit online by PCLink bestel. Ek het spesifiek vir 'n kaart met 'n full DP-port (ek het nie 'n mini-to-max DP-convertor nie) gesoek - DP is tans die enigste port wat jou toelaat om 4K @ 60Hz te run. HDMI laat jou toe om 4K @ 30Hz te run en dit is te laag. Ek kan op geen manier my gewone werk met 'n refresh rate van 30Hz doen nie. Ek develop en design bv. @ 4K. In ieder geval! Ai, as ek myself nie keer nie, dan hol my gedagtes soos 'n span honger windhonde agter 'n haas weg. Gaan loer na http://www.pclinkshop.co.za. Nee, dit is nie my company nie. Hulle adverteer nie produkte wat uit stock is nie en Michelle is 'n aangename girl.

Sou ek 'n beter GPU wou hê? Ek sal mos nou lieg as ek sê nee. Obviously sal ek my lewer vir 'n R9 295X2 of 'n Titan Z skenk. O wag, dit gaan nie werk nie. Ek het een oggend op universiteit wakker geword en gesien hoe hy sy goed in 'n papsak pak en by die kamerdeur uitstrompel. Hy het gesê hy is gatvol vir die abuse. Ok, dan gee ek lag-lag my spleen. Maar met 'n jong dametjie wat binnekort moet loop studeer, is sente omdraai my en my vrou se voorlopige voorland.


En dit is dit.  So sal my antie se 386... NEE.



Tuesday, 2 June 2015

Welkom!

My koop voel soms tot oorlopens toe vol. Ek kan uiteraard nie my gedagtes in 'n Pensieve stort nie. So: wat ek ookal wil (en soms móét) bewoord, word hier verwoord: gaming, stories, idees, opinies. Die binnekant van 'n buitebraai. Dit is nie vir enige age group, generasie of genre-addicted hipsters gereserveer nie - anything against anyone or anything goes.
Waar kom die titel vandaan? Ek het een aand in my slaap geprewel en dit is wat ek gesê het: sê jou sê seekoei. Ek weet nie wat dit beteken nie. Daar skuil geen dieper betekenis, skadu-motief of politieke aspirasies daaragter nie. 


Ek hou van speserye in my kos - dieselfde geld my taal. 'n P-vloekery staan my nie aan nie, maar ek sê ook nie O Einatjies, jou stoute skroefiesdraaiertjie as die ding glip en driekwart deur my duim etter nie. So.

Alledaagse *slosj-gun stories sal van tyd tot tyd hier verskyn. Die volgende is my tipe ding: How in the hell do you wake up dead? 'Cause you're alive when you go to sleep. So you're telling me you can go to bed dead and wake up alive? You can't go to bed dead, man - that shit would be redundant. No, it wouldn't! Because you can go to bed and not be dead and you can die but not be in a bed. But you ARE in a bed, man. That's how you wake up dead in the first place, fool!
-Scary Movie 3

Eer jou vader en jou moeder en harden.

Pan



*'n Slosj-gun is 'n geweer wat slap stront om 'n draai kan skiet.