Die storie van Noag
fassineer my al jare. Ek glo nie die hele wêreld het weggespoel nie – ek dink
daardie idee moet anders benader word. Soos die ouens van Van Wyksdorp. In die middel van boggerol, 300 myl duskant fokkol, lê Van Wyksdorp. Swaai uit vir ‘n hoender en jy ry die dorp
mis. Lank, lank gelede het die oudste en wysste dorpenaar van ‘n mekka genaamd
Zoar vertel. 'n Toweragtige nirvana van wyn en violence, ag ek bedoel melk en heuning. Grootoog en eerbiedig het die jonger geslagte laataand by die geknetter
van kampvure na die legende geluister. Mekaar se oë onderlangs gevang, saggies
onder mekaar gefluister... wat as Zoar régtig bestaan?? Vuurwarm is hul ore dan
deur ‘n effe ouer geslag geklap. Nee! Bogstories! Laster! Van Wyksdorp is verlede. Van Wyksdorp is toekoms. Van Wyksdorp is
wêreld. Daar. Is. Net. Van Wyksdorp.
Ek glo dit was
dieselfde met die sondvloed – ‘n groot gedeelte het verspoel, veel groter as
die known grense van Noag en sy gesin se bestaan, maar nie die planeet nie. In
elk geval, Bill Cosby het ‘n storie vertel waar God met Noag praat en hom
opdrag gee om die ark te bou. Noag dink die hele besigheid is ‘n grap, maar op
die ou end kom hy agter God is nie in die bui vir jokes nie – Hy is in die
bui vir reën. Die inspirasie vir die woorde het daar ontstaan. Dit is in 2013 geskryf en neem baie verlief met ons pragtige taal. Dit is spesifiek op hoërskoolleerders gemik, maar ek het intussen uitgevind dat grootmense dit ook verstaan. Ek het nie al
die instruksies bygevoeg nie, maar sonder enige verduidelikings is dit moeilik
om die execution van die teks te kop. Die storie is
wonderlik en ek het dit met die grootste respek benader. So moet tog nou nie in jou ouma se pantie verstik nie - dis net weird.
Gebruik ‘n eg Kaapse
Vlakte aksent, so oordrewe as moontlik.
Fingersnap X 4
Almal: Voopa voopa voopa voopa X8 (Hou
hiermee aan terwyl die volgende line begin)
Noag bou ‘n ark – Ja! X4 (Hou hiermee aan terwyl die volgende line
begin)
Noag kappityt – Ja! X4 (Hou hiermee aan terwyl die volgende line begin)
Spykers – Tieng! Tieng! X4 (Hou hiermee aan terwyl die volgende line
begin)
Planke vir die vale! X4
Hy timmer, kap en hamer – da’
binne gaat dit woes
Hy pass vir Sem die skroewe –
die laaitie moet net koes
Hy’t ‘n opdrag van die Jirre – Noag, jy moet BOU!
Eks OP vir hierie mense – maar jys ‘n lekke ou.
Hy’t ‘n opdrag van die Jirre – Noag, jy moet BOU!
Eks OP vir hierie mense – maar jys ‘n lekke ou.
Die bure skiem die uncle is woes vertraag
Want hy sny sy tjop met ‘n
beitel en ‘n saag
Die mense tune hom heeldag – hys die dorp se grootste grap
Maar Noag dink net een ding:
Noag: “Hmmmmm.
Noag: “Hmmmmm.
Ek hoop ma’ djulle kan LANK
water trap.” (almal tegelyk: hahahahahaha
– sê dit so: ha-ha-ha-ha, baie monotonous)
Almal: Hierie was ‘n boot van geweldige proporsies
Noag was ‘n boer en hierie issie
skorsies
Hy werk hom in sy kas in, hy
werk hom in sy maai
Want die Jirre het belowe: die
weer gat VINNIG draai!
Almal doodstil – wanneer spreker begin praat, skud julle
julle koppe baie swaarmoedig. Arme Noag suffer iets verskrikliks en dit is
amper te erg om oor te vertel:
(Spreker baie formeel, met ontsettend
baie klem op artikulasie. Oordoen die uitspraak totaal en al):
Julle moet egter in gedagte hou dat Oom Noag drie seuns ook gehad het. Sem – die man wat vroeër vir die skroewe moes koes, asook sy twee broers: Gam en Jafet.
Julle moet egter in gedagte hou dat Oom Noag drie seuns ook gehad het. Sem – die man wat vroeër vir die skroewe moes koes, asook sy twee broers: Gam en Jafet.
(Die volgende gedeelte moet jy vreeslik swaarmoedig oordra – rek die
“ark van die jeug” baie uit, amper soos party predikers soms woorde soos kougom
of ‘n nat sokkie kan uitrek):
Noag was egter al
baie oud terwyl sy seuns die ark van die jeug op hul skouers gedra het. (Met die volgende gedeelte skud jy heeltyd jou kop, want ai, die tye is
so swáár): Dit was moeilike tye sê ek vir julle, moeilike... (sug diep) ai... swaar man, swaar... mmmmmoeilike
tye op daardie werf. Dit was hel...
(BAIE klem op “hel” – dit rym nou-nou met “vetel”)
Almal: sug VERSKRIKLIK swaar – EEN sekonde max!! So
make it count!!
Spreker: Nou toe djulle ouens, lat ons vêde
vetel:
Almal: Noag
kyk vir Gam en raak net al hoe kwaaier
Want Gam gebruik ‘n byl vir ‘n
flippen skroewedraaier
Noag: “Gam! Jou hoener! Hier kry ons nooit kla’!
Wat de duiwel máák jy?? My
senuwees trek swaa’!
Jafet, Jafet, Jafet! Wat het jy daar beet??”
Jafet: “Pa’s dam lekke stupid – dis iets om mee te meet!” (baie klem op die L van lekke – lllllllllllllllllllllekke)
Jafet, Jafet, Jafet! Wat het jy daar beet??”
Jafet: “Pa’s dam lekke stupid – dis iets om mee te meet!” (baie klem op die L van lekke – lllllllllllllllllllllekke)
Noag: “Jafet! Jou klipkop! Jy moenie tippex
rook nie!
Liniale bestaan nie – en
sentimeters ook nie! “
Jafet: Sorry Pa.
Noag: Wie’s NOU stupid???
Almal:
Maar na maande se gesukkel en dit was
omtrent ‘n stryd
Toe stoot hulle daai boot by die
driveway uit
Ou maat, dit was ‘n storie –
hieries immers nie ‘n skuitie
Antie Noag, is da’ nie dalk ‘n
koffie en beskuitie?
Oplaas staan die boot in die pad gepark
Noag tune sy seuns:
Oplaas staan die boot in die pad gepark
Noag tune sy seuns:
Noag:
“Djinneeeee, dis dam ‘n dêm mooi aak!
Nout die tyd gekom om die diertsjies te loep laai
En djulle sal moet spark – my rug is in sy maai.”
Almal: Hulle’t al daai massas diere in die ark gestop
Nout die tyd gekom om die diertsjies te loep laai
En djulle sal moet spark – my rug is in sy maai.”
Almal: Hulle’t al daai massas diere in die ark gestop
En toe ietsie gevat op...
(Almal doodstil)
(Iemand alleen, vreeslik fyn/dogtertjie-agtig, :
…hierdie fantasmagóriese werk wat Oom gedoen het. Ai Oom, (snik-snik), Oom is ouer assie berge en Oom jol somme’ deurie nag sodat ons hierie belofte kan survive. Names die VLV, die AA, die rapportryers, die verenigde nasies, die FAK, Antjie Somers asook Mnr Uys wat die bus bestuur het: Cheers, Uncle! (Maak leë blikkies Coke oop)
Almal: Tssssssssssssssss!!! Glug-Glug-Glug-Glug-Glug, Brrrrrrrrrrrrrrr!!!

Almal: Da’ was donkies, koeie, beeste, skape,
slange, miere, vlieë
Niemand was alleen nie – van alles was daar twee
Moo, miaau, woef, mê, kwaak, twiet-twiet
Niemand was alleen nie – van alles was daar twee
Moo, miaau, woef, mê, kwaak, twiet-twiet
Ou Noag kan ma’ van rus vegiet
Onder in die boot was da’ ok twie
varke
Vir al hulle gemors kort zy
eintlik twie arke
Die leeus loer virrie bokke, die
bokke virrie plante
Ou Noag was in need van anti-depressante
(Buite ritme):
Noag: Maaaaammie, Maaaaammie, MAMMIE!! Gooi ‘n vodka, ‘n valium en ‘n tranquilizer
Noag: Maaaaammie, Maaaaammie, MAMMIE!! Gooi ‘n vodka, ‘n valium en ‘n tranquilizer
My hart gaat sweerlik staan – ek
soek my nebulizer
(Almal maak pootuit, hyggeluide – julle is nou MOEG gesukkel en gewerk. Gaan mal! Oordryf vreeslik! So vier sekondes is genoeg)
(Almal maak pootuit, hyggeluide – julle is nou MOEG gesukkel en gewerk. Gaan mal! Oordryf vreeslik! So vier sekondes is genoeg)
Fingersnap
X 4 – dit hou regdeur aan:
Noag is nou moeg – Ja! (Hou hiermee aan terwyl die volgende line begin)
Noag wil nou rus – Ja! (Hou hiermee aan terwyl die volgende line begin)
Noag is nou gaar – Ja! (Hou hiermee aan terwyl die volgende line begin)
Noag is gedaan – Ja!

Eindig fingersnap
Almal maak snork- en slaapgeluide en lyk ook of hulle
slaap – hou vir so drie/vier sekondes hiermee aan. Oop bekke, agteroor koppe,
koppe op die bors, kwyl as dit kan. Hou 8
tellings hiermee aan.
Almal: Noag is totaal en al in sy kas!
En toe slaat daar ‘n druppel teen ‘n venster vas!
Noag ruk wakker, strompel uit sy kooi
En toe slaat daar ‘n druppel teen ‘n venster vas!
Noag ruk wakker, strompel uit sy kooi
Trap eers op ‘n kiewiet –
(Almal doodstil)
(Almal doodstil)
Spreker:
Nei, my bgoe, djy trap my, djy
makie mooi nie, my bgoe, ekt djou niks gemakie, djys onbeskóf, ek hettie hievoo opgesign nie, daai anne kiewiet kon djy ma’ buite galos het, hys ‘n rubbish, hy gat djou niks rent betalie, hys ‘n embarrassment
ve die species, my bgoe. Gamors. Syp
heeldag tewyl ekkie kjênnirs moet was en moet stryk en moet kook vir sy permanent leë pens. En ek is djou
goedgesind, my bgoe?? Ênnieway, ek pgaat te viel, over to you!! (op “over to you”, kyk jy
vir die koor en wys na hulle – onthou dat “bgoe” met” you” rym, so jy moet baie klem hierop plaas)
Noag: “Gam, maak toe die
deure - hie kom ‘n sikloon!
Maar die Jirre het beloewe Hy sal ons beloon
Roer djou! Hie kommit! Hierie bui is wyd verspreid!
Hy spoel vandag die grond onder ons gatte uit!”
Gam: ”Jaaaaaaa Pa, reeeeeeeg Pa, ma’ ek wil nog bietjie lê” (Rek julle rustig uit, gaap, lyk baie lui)
Noag: ”Gam, jy soek my! Doen net wat ek sê!
Sit ‘n bietjie spoed in jou slap lyf!

Ek bid en hoop net hierie blooming boot sal
dryf...”
FingersnapX4
Begin baie sag en gaan al hoe harder totdat ALMAL CHAOS uitgil!!
Drup X16 (hou aan tot net voor CHAOS!!!)
Begin baie sag en gaan al hoe harder totdat ALMAL CHAOS uitgil!!
Drup X16 (hou aan tot net voor CHAOS!!!)
Tippe-tippe X8 (hou aan tot net voor CHAOS!!!)
Af kom die reën – Ja! X4 (hou aan tot net voor CHAOS!!!)
Alles spoel weg – Ja! X4 (hou aan tot net voor CHAOS!!!)
Spoedig oorvloedig! X4 (hou aan tot net voor CHAOS!!!)
Af kom die reën – Ja! X4 (hou aan tot net voor CHAOS!!!)
Alles spoel weg – Ja! X4 (hou aan tot net voor CHAOS!!!)
Spoedig oorvloedig! X4 (hou aan tot net voor CHAOS!!!)
Water vir die vale! X8 (hier bou julle die volume – elke keer
harder as die vorige keer)
CHAOS!!!!!!!!!!!!!! (ALMAL GIL dit uit , so hard as julle kan! Die mense
op die maan moet julle kan hoor!)
Almal doodstil....
Almal begin saggies dog hoorbaar
Almal doodstil....
Almal begin saggies dog hoorbaar
Die ark vaar nou in stilte
Dis in die binnebaan
Op ‘n oseaan van stilte
‘n Stille oseaan
Hier vaar hul vas in Moses
Hy maak vir Noag boos:
Moses: “Julle neuk na die
weste
Die oewer lê mos oos!”
Almal: Moses, jys oraait ma’
hiers directions en pamflette
Ons
soek vir ‘n berg - loop soek jou kliptablette
Almal: Gam raak alweer moeilik
Hy
gedra hom soos Gammat
Gam: “Ek roei my voos na
nêrens;
Ek roei my boudjies plat.”
Noag
(op die bekende deuntjie):
“Fine Gam, hiers ‘n plan
Stuur tog net ‘n flippen kraai!”
“Fine Gam, hiers ‘n plan
Stuur tog net ‘n flippen kraai!”
Ma’ daai kraai was ‘n witborskraai
En sny toe koek na Mosselbaai (wys met julle hande in die rigting van
Mosselbaai)
Almal: Nou moet Noag mooi
skiem – die diere raak opstandig
Die
Antie ignore hom – die besluit is dus verstandig (let op!! – die line moet DADELIK na die volgende vloei!)
om vir duifie uit te stuur om vir oewers te gaan tuur
om vir duifie uit te stuur om vir oewers te gaan tuur
En
terug te kom met good news, want almal
is goed GAT.... ons bedoel “suur”
Duifie,
duifie, duifie – die Jirre kies jóú vlerke
(Kiewiet was geen option - selfs kiewiet het haar perke)
(Kiewiet was geen option - selfs kiewiet het haar perke)
Sy
kom terug met ‘n takkie, sy kom terug met ‘n lat
En
die ark gooi anker op soliede Ararat.
Hos.
No comments:
Post a Comment